Evapotranspirasie in drie plantgemeenskappe van ‘n Rhigozum trichotomum habitat te upington
暂无分享,去创建一个
Uittreksel Evapotranspirasie in drie plantgemeenskappe van ‘n R. trichotomum habitat, naamlik, suiwer gras, suiwer R. trichotomum en ‘n gemengde stand van R. trichotomum en gras is gedurende die 1985–86 groeiseisoen bestudeer. Drie persele van elke plantgemeenskap is hidrologies geisoleer, besproei en die grondwaterinhoud is oor tyd met ‘n neutronvogmeter gemeet. Evapotranspirasie is met behulp van die grond water balansvergelyking bereken. Die grasgemeenskap het gedurende die groeiseisoen deurgaans meer water verbruik as die R. trichotomum gemeenskap. Die waterverbruik van ‘n digte stand R. trichotomum is wel hoog genoeg om die vestiging van grasse onder normale reenvaltoe‐stande feitlik onmoontlik te maak. Die onderdrukkende effek van R. trichotomum op grasproduksie, asook van ‘n digte grasstand op die groei van R. trichotomum word bespreek.
[1] A. Moore,et al. The effect of tebuthiuron on the vegetation of the thorn Bushveld of the Northern Cape – a preliminary report , 1985 .
[2] A. Moore. Waterbalans studies in geselekteerde subhabitatte van 'n Burkea-Savanna , 1980 .
[3] Daniel Hillel,et al. Soil and water , 1971 .