Die ekonomiese bydrae van die boerderybedryf : tema : boerdery

Die boerderybedryf (landboubedryf) maak veral in die vroee stadium van 'n land se ontwikkeling 'n groot bydrae tot ekonomiese groei en ontwikkeling. Namate groei en ontwikkeling van die vervaardigings- en dienstesektore toeneem, verklein die relatiewe bydrae van landbou. 'n Maatstaf wat gebruik word om dit aan te toon, is die verandering met verloop van tyd in samestelling van bruto binnelandse produk (BBP). Waar die bydrae van die landbousektor tot die BBP van Suid-Afrika in 1911 nog 21 persent was, het dit afgeneem om tans slegs sowat 2,5 persent te beloop.