A qualitative exploration of Lesotho educators' disciplinary practices

Die studie in hierdie artikel is deel van 'n internasionale navorsingsprojek oor leerderwangedrag en dissiplinere praktyke. Die navorsingsinstrument was 'n vraelys. Die artikel lewer verslag oor die bevindinge van die tematiese inhoudanalise van 'n oopeinde vraag wat deur Lesotho opvoeders voltooi is. Die deelnemers is gevra om te beskryf hoe hulle pro-aktief poog om 'n gedissiplineerde klaskameratmosfeer te skep. Twee hooftemas, naamlik voorkomende en vergeldende dissiplinere strategiee, is geidentifiseer. Opvoeders wat voorkomende strategiee gebruik, beklemtoon die noodsaaklikheid van effektiewe klaskamerbestuur, positiewe opvoeder-leerderverhoudinge, die opvoeder as rolmodel, waarde-onderwys, portuurgroepleierskap, die betrokkenheid van kollegas en ouers by die dissiplinering van leerders, asook die sogenaamde "vergoedingstelsel". Opvoeders wat strafmaatreels inspan, gebruik fisieke en verbale tug omdat hulle glo dit is 'n effektiewe afskrikmiddel.