A three-phase inverter with selectively programmed pulse width modulation for an electric vehicle with battery supply

Die ontwikkeling en evaluasie van ’n 15-kVA-wisselrigter met pulswydtemodulasie en 144-V-batteryspanning vir ’n elektries-hidrouliese hibriede voertuig word bespreek. Die voertuig is toegerus met ’n induksiemasjien met kourotor as traksiemasjien. Daar word aandag gegee aan die uitleg van die wisselrigter, die gebruik van bipolere Darlington-transistorskakelaars, die beskerming van die skakelaars, basissturing van die transistors en beheer van die wisselrigter. Die wisselrigter en rendement van die aandrywing word geevalueer en die installering van die wisselrigter in die voertuig word bespreek.