'n Vergelykende studie van toelatingskriteria van 'n seleksie Suid-Afrikaanse universiteite

Die nuwe Suid-Afrikaanse skoolverlatersertifikaat (die Nasionale Seniorsertifikaat) is die eerste keer in 2008 toegeken. Dit het die hersiening van die toelatingsvereistes vir universiteite genoodsaak. Daar is besluit om die toelatingskriteria vir verskeie universiteite te vergelyk. Die data van 'n steekproef van studente wat in 2009 by die Universiteit van Wes-Kaapland vir voorgraadse studie aanvaar is, is gebruik om die toelatingskriteria van geselekteerde universiteite te vergelyk. Om die studie te beperk, is die toelatingsvereistes van slegs twee programme vergelyk, naamlik rekenaarwetenskap en wiskundige statistiek. Daar is bevind dat verskillende metodes gebruik is om die toelatingspunttellings te bereken en dat die minimumvereistes vir die onderskeie universiteite aansienlik verskil. 'n Gestandaardiseerde metode om 'n toelatingspunttelling te bereken kan moontlik help om studente vir verdere studie in spesifieke programme te identifiseer, en ook om studente te identifiseer wat addisionele bystand sal benodig. Die resultate van 'n loodsstudie (by die Universiteit van Wes-Kaapland uitgevoer) het getoon dat studente wat 'n telling van 30 (die som van ses aangewese Nasionale Seniorsertifikaat-skoolvakke) behaal het vir die toelatingspunttelling, suksesvol was in die voltooiing van hul eerste jaar aan die universiteit. Comparative study of admissions criteria of a selection of South African universities The new school-leaving certificate, the National Senior Certificate (NSC), was awarded for the first time in 2008. This necessitated a relook at the entrance requirements for university, as the school subjects offered, and the evaluation thereof, had changed considerably compared with those for the previous school-leaving certificate (Senior Certificate). It became important for universities to adjust their admission requirements from the 2009 first-year intake onwards. The admission requirements of nine universities (considered by FinWeek, 18 March 2010, to be similar in terms of effectiveness and classification) were compared. The universities are: the University of the Free State (UOFS), the University of the Western Cape (UWC/WestCapU), the University of KwaZulu-Natal (UKZN), the University of Pretoria (UP/UPret), North-West University (NWU/NWestU), the University of the Witwatersrand (WITS/UWits), the University of Cape Town (UCT), Rhodes University (Rhodes/RhodesU) and the University of Stellenbosch (US/UStell). (The second abbreviation appearing in some cases is the abbreviation used in Figure 1, which was taken directly from Finweek.)