Enkele aspekte van hormoonvervanging : gesondheid

Hormoonvervanging is hoofsaaklik gemik op die behandeling van die postmenopousale vrou. Die menopouse is die permanente einde van menstruasie en fertiliteit en begin 12 maande na die laaste menstruasie. Die gemiddelde ouderdom wanneer die menopouse begin, is 51 jaar, maar dit kan heelwat vroeer, of selfs later plaasvind. Dit is 'n natuurlike biologiese proses wat die einde van fertiliteit beteken, maar dit impliseer nie dat die vrou haar vitaliteit, seksualiteit en gesondheid verloor nie.