Boers, Afrikaners, and diasporas
暂无分享,去创建一个
Boere, Afrikaner en diasporas Die proto-IndoEuropese oorsprong van diaspora bevat altyd die trikonsonantale lbgsprl/bg wat aanvullend tot die vokale wat " sp o r e, sp e r m, spr ei en
ver spr ei" funksioneer. Dit verteenwoordig 'n snel maar natuurlike proses
waarin sade gestrooi word - weg van die ouerliggaam. Dit het 'n verspreiding
en reproduksie tot gevolg. Die verspreiding gaan gepaard met geweld wat die
ouerliggaam aangedoen word. Na 'n teoretiese gesprek waarin diaspora as 'n proses verduidelik word, word
die bespreking 'n oorsig van die omstandighede en handelinge wat die proses
illustreer. In die studie word oor die diaspora van die Boere-Afrikaners verslag gedoen.
Boere-Afrikaners word as begrip gebruik omdat dit 'n bepaalde histories-kulturele-linguistiese kontinuiteit verteenwoordig. Daar word terselfdertyd
voorsiening gemaak vir die akkomodering van die Boere (na die Anglo-Boereoorlog)
wat dan in die gesprek opgeneem word. Deur die
gebruikmaking van die betrokke kategorisering word nie daarop aanspraak
gemaak dat die term van toepassing is op alle Afrikaners nie. Dit kan ook nie
van toepassing gemaak word op alle Afrikaners wat Suid-Afrika verlaat nie.
Die bespreking oor die Afrikaanse diaspora word dan op verskeie vlakke
gevoer, te wete : dek diaspora-verskynsel; 'n kort oorsig van Afrikaner
etnisiteit; 'n diasporiese model; die eerste Boere (Afrikaner) diaspora; en 'n
studie van die huidige stand van die Afrikaanse diaspora.
The proto-Indo-European root for diaspora always contains the triconsonantal spr ,
which with the addition of vowels meant " sp o r e, sp e r m, spr ead or di sp e r se". It
represents an abrupt but natural process in which seeds are scattered away from the
parent body resulting in both dispersal and reproduction. The dispersal is engendered
by violence to the parent body. Following a theoretical discussion of diaspora as a
process, this discussion turns to a review of conditions and actions which illustrate its
use. This study reports on the diaspora of the Boer-Afrikaners. The term is considered to
represent a historic-cultural-linguistic continuity. It is also an attempt to incorporate
perspectives on the Boers (following the Anglo-Boer War) who feature may in the
discussion. Then there is also the Afrikaners who are currently exiting South Africa.
The categoriation does not apply to all Afrikaners. Nor does it apply to all South
Africans who are exiting South Africa. The article consists of five parts : an
introductory discussion of the concept of diaspora; a brief overview of Afrikaner
ethnicity; a diasporic model; the first Boer (Afrikaner) diaspora; and a study of the
current (Boer) Afrikaner diaspora.